Ou Ryperd


Ou Ryperd, ons ry die pad tesame
Ou Ryperd, so deur die lewensbane
Wanneer jou rydag oor is,
Gaan jou ou lyf lekker rus
Jy, ou Ryperd van my

Jaag maar aan ou maat
Die maan skyn helder vanaand
Jaag maar aan ou maat
My mooientjie sy wag vir my vanaand

O hoor hoe tjank die jakkals op die rivier se brug
En dra my op jou lekker ou rug
Jaag maar aan ou maat,
want my nooientjie sy wag daar vanaand

KOOR:
Jippie Jippie Jip (x2)
My ou perd
Daar is voer en rus
En jy doen jou bes my ou perd
Dra my oor die rivier se brug
Dra my op jou lekke ou rug
Na my nooi Sannie
Die dogter van Tant Annie op die plaas

Ou Ryperd, ons ry die pad tesame
Ou Ryperd, so deur die lewensbane
Wanneer jou rydag oor is,
Sal jou ou lyf lekker rus
Jy, ou Ryperd van my

Koor(2x)

Dra my oor die rivier se brug
Dra my op jou lekker ou rug
Na my nooi Sannie
Die dogter van Tant Annie op die plaas (3x)







Captcha
La chanson Dozi Ou Ryperd est présentée par Lyrics-Keeper. Vous pouvez utiliser widget en tant que karaoké de la chanson Ou Ryperd si vous avez la possibilité de télécharger le phonogramme(.mid ou .kar files). Pour quelques chansons nous avons la traduction exacte des paroles. Ici vous pouvez télécharger la traduction de la chanson Dozi Ou Ryperd. Nous voudrions que les paroles de la chanson soient très correctes, donc, si vous avez quelques corrections, envoyez-les nous s’il vous plaît. Si vous voulez télécharger gratuitement la chanson Ou Ryperd au format mp3, vous pouvez le faire chez l’un de nos sponsors musicaux.